Link: Terug na die Hoofblad

WELCOME TO MY PAGE

My Afrikaanse boek JESUS CHRISTUS in GENESIS, soos hieronder, is nou beskikbaar in hardeband. Hier regs op die blad is daar ook 'n skakel na 'Free PDF downloads'. Dit is vir dieselfde traktaatjie: Hoe om in die hemel te kom, in verskeie tale. Ek het nie die traktaatjies 'geskryf' nie - net WOORD bymekaargegroepeer. God se Woord praat duideliker as my mensetaal. Kyk daarna en as jy daarvan hou, laai dit af op jou rekenaar en laat dit druk. So ook die 10 Bybelstudies, meer geskoei op die nood van andersdenkende godsdiensgroepe. Dan is daar ook skakels na die onderskeie kinderboeke wat ek die afgelope tyd geskryf het. Die Here se seën en nabywees elke dag vir jou lewe.

Friday 27 October 2023

Tract Afrikaans Sonde is gevaarlik

 

Tract Afrikaans

SONDE IS GEVAARLIK

Sonde maak dood. God sê: Die siel wat sondig moet sterwe.

…die siel wat sondig, dié moet sterwe… (Eségiël 18:4).

Werp al julle oortredinge waardeur julle oortree het, van julle af weg; want waarom wil julle sterwe? (Eségiël 18:31)  

Want die loon van die sonde is die dood…(Romeine 6:23) 

Daarom, soos deur een mens die sonde in die wêreld ingekom het en deur die sonde die dood, en so die dood tot alle mense deurgedring het, omdat almal gesondig het.  (Romeine 5:12)

…want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God … (Romeine 3:23)

As ons sê dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself en die waarheid is nie in ons nie.  (1Johannes 1:8)

En ons het almal geword soos ‘n onreine, en al ons geregtighede soos ‘n besoedelde kleed; en ons het almal verdor soos blare, en ons ongeregtighede het ons weggevoer soos die wind. (Jesaja 64:6)

Of weet julle nie dat die onregverdiges die koninkryk van God nie sal beërwe nie?   Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie.  (1Korinthiërs 6:9-10)

En die werke van die vlees is openbaar, naamlik owerspel, hoerery, onreinheid, ongebondenheid; 

afgodery, towery, vyandskap, twis, jaloersheid, toornigheid, naywer, tweedrag, partyskap; afguns, moord,  dronkenskap, brassery en dergelike dinge, waarvan ek julle vooraf sê, soos ek al vroeër gesê het, dat die wat sulke dinge doen, die koninkryk van God nie sal beërwe nie.  (Galasiërs 5:19-21)

 

Sê vir hulle: So waar as Ek leef, spreek die Here HERE, gewis, Ek het geen behae in die dood van die goddelose nie, maar daarin dat die goddelose hom bekeer van sy weg en lewe. Bekeer julle, bekeer julle van jul verkeerde weë! Waarom tog wil julle sterwe…(Eségiël 33:11) 

die ongelowiges en gruwelikes en moordenaars en hoereerders en towenaars en afgodedienaars en al die leuenaars hulle deel is in die poel wat brand met vuur en swawel …(Openbaring 21:8)

…maar God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.

(Romeine 5:8)

En toe die hoofman oor honderd wat daar reg voor Hom staan, sien dat Hy so uitgeroep en die laaste asem uitgeblaas het, sê hy: Waarlik, Hy was die Seun van God. (Mattheus 27:54) 

Jesus Christus gee die Ewige Lewe

God wil hê dat elke mens hemel toe moet gaan om vir ewig by Hom te lewe.

Want Ek het geen behae in die dood van hom wat sterwe nie, spreek die Here HERE. Bekeer julle dan en lewe.  (Eségiël 18:32) 

Want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here  (Romeine 6:23)

Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.   Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word.  (Johannes 3:16-17) 

Want die Seun van die mens het gekom om te soek en te red wat verlore was. (Lukas 19:10)

Maar as die goddelose hom bekeer van al sy sondes wat hy gedoen het, en al my insettinge onderhou en reg en geregtigheid doen, sal hy sekerlik lewe, hy sal nie sterwe nie.  (Eségiël 18:21) 

 

Die Woord het mens geword en aarde toe gekom

In die begin was die Woord (Jesus), en die Woord was by God, en die Woord was God.   Hy was in die begin by God. 

Alle dinge het deur Hom ontstaan (Jesus), en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.   In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense.  

En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie.  (Johannes 1:1-5) 

Die waaragtige lig (Jesus) wat elke mens verlig, was aan kom in die wêreld.   Hy was in die wêreld, en die wêreld het deur Hom ontstaan, en die wêreld het Hom nie geken nie.  Hy het na sy eiendom gekom, en sy eie mense het Hom nie aangeneem nie.  Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo…(Johannes 1:9-12) 

Die Here vertraag nie die belofte soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom. (2Petrus 3:9)

Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word. (Markus 16:16)

Hierin is die liefde van God tot ons geopenbaar, dat God sy eniggebore Seun in die wêreld gestuur het, sodat ons deur Hom kan lewe.   Hierin is die liefde: nie dat ons God liefgehad het nie, maar dat Hy ons liefgehad het en sy Seun gestuur het as ‘n versoening vir ons sondes. (1Johannes 4:9-10)

Ons het Hom lief, omdat Hy ons eerste liefgehad het.  (1Johannes 4:19)  

Want dit is die liefde tot God, dat ons sy gebooie bewaar; en sy gebooie is nie swaar nie. (1Johannes 5:3) 

En dit is die getuienis: dat God ons die ewige lewe gegee het, en dié lewe is in sy Seun.  Hy wat die Seun het, het die lewe; wie die Seun van God nie het nie, het nie die lewe nie. (1Johannes 5:11-12) 

As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.  (1Johannes 1:9) 

 

Jy kan hier op die aarde seker wees dat jy die ewige lewe het.

 

Dit het ek geskrywe aan julle wat glo in die Naam van die Seun van God, sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het en kan glo in die Naam van die Seun van God.  (1Johannes 5:13) 

 

Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; .nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie. (Efesiërs 2:8-9)

Menere, wat moet ek doen om gered te word?  Toe sê hulle: Glo in die Here Jesus Christus en jy sal gered word, jy en jou huisgesin.  (Handelinge 16:30-31)

En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie. (Handelinge 4:12) 

 

Bely jou sondes teenoor God 

Hy wat sy oortredinge bedek, sal nie voorspoedig wees nie; maar hy wat dit bely en laat staan, sal barmhartigheid vind. (Spreuke 28:13)

En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. (Handelinge 2:38)

  BID EN VRA GOD OM JOU SONDES TE VERGEWE

 Bely jou sondes en sondige toestand voor God.  Vra Hom met ‘n opregte hart om jou te vergewe. Belydenis is uiters belangrik.  Dit breek die sondemuur tussen jou en God af.

As jy opreg is, doen God dit onmiddellik.  Hy stel nie uit nie.

Sê vir Jesus dankie dat Hy in jou plek gesterf het en vra Hom om jou te was in sy bloed. Dank Hom dat Hy dit doen.  Om dankie te sê beteken jy glo Hy doen dit.

Sê in jou eie woorde dat jy Hom aanneem as jou Verlosser.  Gee jou lewe oor aan Hom.

 

EN NOU?  WAT MOET EK NOU DOEN?

1.  1.    Lees die Bybel om uit te vind hoe jy moet lewe

Maar Hy antwoord en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan. (Mattheus 4:4) 

Ek het u woord in my hart gebêre, dat ek teen U nie sal sondig nie. (Psalm 119:11) 

 

Daar is twee paaie. Die een is die regte pad wat jou na God toe neem en die ander is die pad van die sondaar weg van God af.

 

Welgeluksalig is die man wat nie wandel in die raad van die goddelose en nie staan op die weg van die sondaars en nie sit in die kring van die spotters nie; 

maar sy behae is in die wet van die HERE, en hy oordink sy wet dag en nag.    En hy sal wees soos ‘n boom wat geplant is by waterstrome, wat sy vrugte gee op sy tyd en waarvan die blare nie verwelk nie; en alles wat hy doen, voer hy voorspoedig uit.    So is die goddelose mense nie, maar soos kaf wat die wind verstrooi .(Psalm 1)

 

2.   Bid.  Praat gereeld met God

Daarom bid ons ook altyd vir julle... (2Thessalonicense 1:11) 

Ek wil dan hê dat die manne op elke plek moet bid en heilige hande ophef ... (1Timotheus 2:8)

en die rook van die reukwerk het met die gebede van die heiliges uit die hand van die engel opgegaan voor God. (Openbaring 8:4)

 

3.     Praat met mense oor God en jou geloof

As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word;  want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding. (Romeine 10:9-10) 

Maar as ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar; en die bloed van Jesus Christus, sy Seun, reinig ons van alle sonde.... (1Johannes 1:7)

 

4.             Kom met ander gelowiges bymekaar om die Bybel te lees, te bid en te sing.

En hulle het volhard in die leer van die apostels en in die gemeenskap en in die breking van die brood en in die gebede. (Handelinge 2:42) 

En onderwyl hy met hom spreek, gaan hy binne en vind baie wat vergader het (Handelinge 10:27) 

En nadat dit vir hom duidelik geword het, kom hy by die huis van Maria, die moeder van Johannes wat ook Markus genoem word, waar baie in die gebed bymekaar was. (Handelinge 12:12) 

En op die volgende sabbat het byna die hele stad saamgekom om die woord van God te hoor.  (Handelinge 13:44) 

 

As ons luister wat God sê en dit doen, sal ons geestelik groei.

  verlang sterk soos pasgebore kindertjies na die onvervalste melk van die woord, dat julle daardeur kan opgroei 

Kom na Hom toe, die lewende steen wat deur die mense wel verwerp is, maar by God uitverkore en kosbaar is; en laat julle ook soos lewende stene opbou, tot ‘n geestelike huis, ‘n heilige priesterdom, om geestelike offers te bring wat aan God welgevallig is deur Jesus Christus. 

(1Petrus 2:2-5)