Link: Terug na die Hoofblad

WELCOME TO MY PAGE

My Afrikaanse boek JESUS CHRISTUS in GENESIS, soos hieronder, is nou beskikbaar in hardeband. Hier regs op die blad is daar ook 'n skakel na 'Free PDF downloads'. Dit is vir dieselfde traktaatjie: Hoe om in die hemel te kom, in verskeie tale. Ek het nie die traktaatjies 'geskryf' nie - net WOORD bymekaargegroepeer. God se Woord praat duideliker as my mensetaal. Kyk daarna en as jy daarvan hou, laai dit af op jou rekenaar en laat dit druk. So ook die 10 Bybelstudies, meer geskoei op die nood van andersdenkende godsdiensgroepe. Dan is daar ook skakels na die onderskeie kinderboeke wat ek die afgelope tyd geskryf het. Die Here se seën en nabywees elke dag vir jou lewe.

See-oupa boek 1: Hamerkophaai wys sy tande vir Dawid

    See-Oupa en die Seehaaie  Boek 1

        Die Hamerkophaai wys sy tande vir Dawid

 

                

 

 
 




Langs Larus Dominikanus staan See-Oupa! Hy lyk net soos ʼn oupa, maar nie soos ʼn mens-oupa nie. Hy lyk nie eintlik so baie oud nie, maar dit lyk asof hy al baie, baie lank leef. Hy het die langste bos spierwit baard wat die kinders nog gesien het. Dit hang tot by sy voete en vou in kringe om hom net soos seeskuim op die kant van die strand. Maar dis sy stem wat hulle lief maak vir hom. Dit laat hulle dink aan die sagte gesuis van die see op ʼn windstil dag.

VIr ouderdomsgroep 4-10

Aantal bladsye 35

Volkleursketse

Dawid en Rudolf  ontdek die hamerkophaaie in die see, ook dolfyne, ander soort haaie en pragtige koraalriwwe met die mooiste klein vissies.

 Prys van Boek:  R100 plus versending   

Bestel by rentia.pauley@gmail.com

No comments:

Post a Comment