Link: Terug na die Hoofblad

WELCOME TO MY PAGE

My Afrikaanse boek JESUS CHRISTUS in GENESIS, soos hieronder, is nou beskikbaar in hardeband. Hier regs op die blad is daar ook 'n skakel na 'Free PDF downloads'. Dit is vir dieselfde traktaatjie: Hoe om in die hemel te kom, in verskeie tale. Ek het nie die traktaatjies 'geskryf' nie - net WOORD bymekaargegroepeer. God se Woord praat duideliker as my mensetaal. Kyk daarna en as jy daarvan hou, laai dit af op jou rekenaar en laat dit druk. So ook die 10 Bybelstudies, meer geskoei op die nood van andersdenkende godsdiensgroepe. Dan is daar ook skakels na die onderskeie kinderboeke wat ek die afgelope tyd geskryf het. Die Here se seën en nabywees elke dag vir jou lewe.

See-oupa boek 2: die swaardgeveg met die grootwithaai

          See-Oupa en die Seehaaie Boek 2

             Die Swaardgeveg met die Grootwithaai


 







Wie gee die doodsteek?” vra Ma-Pylstert.

Ek!” Skreeu Rudolf.

Nee wag,” sê Dawid beslis. “Ons gaan hom nie doodmaak nie.”

Ag nee! Hoekom nie?” Rudolf is sigbaar teleurgestel.

Daar is min grootwithaaie in die wêreld oor. Almal wil hulle doodmaak. Netnou is daar niks meer oor in al die oseane van die wêreld nie.”

Hoe weet jy dit?” vra Rudolf wantrouig.

Gelees.”





        Vir ouderdomsgroep 4-10

Aantal bladsye 35

Volkleursketse  

Dawid en Rudolf  veg met die Grootwithaai vir die behoud van hulle lewens.  Hulle ontdek ander soort haaisoorte soos die eienaardige langneushaai (goblin shark) wat hulle die "snuffelsnoethaai" noem.  Ook pragtige koraalriwwe met die mooiste klein vissies en seeskilpaaie.  Hulle leer 'n baie belangrike natuurwaarheid: om nie net voor die voet dood te maak nie, maar om die spesie te bewaar.

Prys van Boek:  R100 plus versending

Bestel by rentia.pauley@gmail.com

No comments:

Post a Comment